Corbin Bleu

Corbin Bleu Reivers (gebore op 21 Februarie 1989), beter bekend as Corbin Bleu, is 'n Amerikaanse akteur, model, danser en sanger. Hy is veral bekend vir sy rolle in die High School Musical-filmreeks, die Discovery Kids televisiereeks Flight 29 Down en die Disney Channel Original Movie Spring in!. Hy volg ook 'n solo-loopbaan as sanger en het sy debuutalbum Another Side op 1 Mei 2007 vrygestel. Die album debuteer as nommer ses en dertig op die Amerikaanse Billboard 200 en het 18 000 kopieë verkoop in die eerste week. Bleu stel sy tweede album, Speed of Light, op 10 Maart 2009 in die VSA vry.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy